Afrikaans | English      
 
 

Die Trustees van links na regs:
Mnr J Viviers; Mnr J. Lackay; Mnr B. Pool; Me D Gabriels; Dr C van der Merwe; Mev S February; Mnr P Retief; Mev S. Frank
(Afwesig: Mnr M Cyster)


Dr Carel van der Merwe (Uitvoerende Voorsitter)
Carel het studeer aan Stellenbosch Universiteit (B.Rek en Phd), die Universiteit van Kaapstad (GDA) en Middlesex University (MA). Hy het gekwalifiseer as ’n geooktrooieerde rekenmeester, en later sy Phd in Geskiedenis aan Stellenbosch Universiteit verwerf. In sy loopbaan het hy versekie uitvoerende direkteursposte in die beleggingsbankwese en inligtingstegnologiesektor beklee. Hy was ook medestigter van African Merchant Bank. Carel is die skrywer van ses fiksie en nie-fiksie boeke, wat met talle literêre pryse bekroon is. Hy is sedert 2012 voorsitter van die Stellenbosch Erfenistrust.

Mnr Matty Cyster
Matty het studeer aan die Universiteit Wes-Kaapland waar hy as onderwyser gekwalifiseer het en ’n B.Sc-Hons, B.Ed en U.O.D. verwerf het. Hy was hoof van Hoërskool Lückhoff op Stellenbosch, waaraan hy vyf-en-twintig jaar verbonde was. Hy was ook voorsitter van die Pniël Kultuurtrust wat die Pniël Museum tot stand gebring het. Later het hy die Pniël Skryfskool en Pniël Kunsskool gestig wat strewe om die geskiedenis van die dorp in te kleur. Hy is medeskrywer van die boek Pniël en sy Mense en was die dryfveer agter navorsing oor die Pniëlse slawegeskiedenis

Mev Sherrill February
Sherrill het studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika en het 'n Diploma in Menslike Hulpbronnebestuur verwerf. Sy was vir twee-en-dertig jaar aan Stellenbosch Universiteit as 'n menslike hulpbronne praktisyn verbonde, en het ook 'n sekondere aanstelling as Inwonende Hoof van 'n dameskoshuis by die Universiteit beklee. Sherrill vervul tans 'n leidende rol in haar kerk en dien as voorsitter op verskeie komitees. Sy is ook betrokke by die senior burgers van die gemeenskap waar sy woon.

Me Debbie Gabriels
Debbie is die hoof van die Stellenbosch Museum waar sy al sedert 1998 werksaam is. Sy het ’n Nasional Diploma in Sekretariële & Kantooradministrasie, ’n Diploma in Finansiêle Administrasie, en ’n B-graad in Besigheidadministrasie.

Mnr Jeff Lackay
jJff het aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie studeer. Hy het akademiese opleiding en ondervinding in argitektuur en stedelike ontwerp, en is geregistreer by SARAP (Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuur-professie) as 'n Professionele Senior Argitekstegnoloog. Jeff is voorsitter van die onderhoudskomitee van die Stellenbosch Erfenistrust.

Mnr Brian Pool
Brian het studeer aan die Universiteit van Kaapstad waar hy ‘n BSc, BEd asook 'n Senior Onderwys Diploma (SOD) verwerf het. Brian was die hoof van Hoërskool Luckhoff op Stellenbosch, en het daarna in Onderwysdepartement se Inspektoraat gedien tot en met sy aftrede. 

Mnr Pietman Retief
Pietman het studeer aan Stellenbosch Universiteit, en het vyf-en-dertig jaar verskeie bemarkingsposisies in die Rembrandt-groep en in die wynbedryf beklee. Hy is ‘n stigterslid van Stellenbosch-Toerisme en het oor baie jare verskillende posisies by die Stellenbosch Museum beklee. Hy is 'n ere-lewenslid van Stellenbosch Toerisme, die SA Wingerd en Wynkundevereniging, Wynkelders SA, asook die Hugenote-vereniging.

Mnr Jan Viviers
Jan het regte aan Stellenbosch Universiteit gestudeer, is ’n toegelate prokureur en tans ’n direkteur van Edward Nathan Sonnenbergs (ENSafrica), waar hy spesialiseer in korporatiewe reg. Jan het al gereeld verskyn in die Best Lawyers lys van prokureurs en is in 2018 (Korporatiewe Reg) en 2026 (“Samesmeltings en Verkrygings”) aangewys deur Best Lawyers as “Prokureur van die Jaar”. Jan speel ‘n aktiewe rol in die Stellenbosch en Kayamandi gemeenskappe en is stigterslid van verskeie gemeenskapsinisiatiewe in Kayamandi, onder andere die Amazink restaurant. Hy is ook ‘n trustee van die Greater Stellenbosch Trust.

Mev Sonja Frank (Sekretaris)
Sonja is 'n toegelate prokureur en belastingpraktisyn, en is sedert 2008 'n direkteur van Exceed Trust (Edms) Beperk. Sonja verskaf belasting-- en fidusiêre dienste aan kliënte van Exceed, waaronder die Stellenbosch Erfenistrust. Sonja is die kontakpersoon vir enige navrae in verband met die Stellenbosch Erfenistrust.








 
 
 
   
   
wie is ons?  ons doel  ons eiendomme  die trustees  kontak ons design • www.gstudio.co.za