Afrikaans | English      
 
 

Die Trustees van links na regs:
Agter: Mnr M Cyster; Me D Gabriels; Mnr B Pool; Me S February, Mnr P Retief, Mnr J Lackay
Voor: Dr EPS Taljaard; Mnr C van der Merwe; Me SJ Frank

MNR C VAN DER MERWE (VOORSITTER)
Carel is 'n geoktrooieerde rekenmeester en romanskrywer. Hy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch (B.Rek), die Universiteit van Kaapstad (GDA), asook Middlesex Universiteit in London (MA). Hy was 'n medestigter van African Merchant Bank en is tans 'n direkteur van verskeie maatskappye, onder andere AMB Holdings. Sy boeke is al vir verskeie literêre pryse benoem, mees onlangs die Eugene Marais- prys, wat in 2010 aan hom toegeken is.

DR EPS TALJAARD
Dr Taljaard is 'n afgetrede dosent van die Universiteit van Stellenbosch se Departement Natuurbewaring. Hy het studeer aan die Universiteit van Potchefstroom waar hy ‘n D.Phil in Opvoedkunde verwerf het. Dr Taljaard was vir vyf-en-twintig jaar 'n stadsraadslid van Stellenbosch en het ook vir twintig jaar op die adviserende raad van die Stellenbosch Museum gedien. Dr Taljaard is ‘n stigterslid van die Stellenbosch Erfenistrust.

MNR M CYSTER
Mattie was die hoof van Hoërskool Lückhoff op Stellenbosch, waaraan hy vyf-en-twintig jaar verbonde was. Hy het studeer aan die Universiteit van Wes-Kaap waar hy ‘n BSc Hons en BEd verwerf het. Mattie is tans voorsitter van die Pniël Kultuurtrust wat ten doel het om 'n museum op Pniël te vestig. Hy is ook medeskrywer van die boek Pniël en sy Mense.

MEV S FEBRUARY
Sherrill is ‘n menslike hulpbronne spesialis by die Universiteit van Stellenbosch, waaraan sy al meer as twintig jaar verbonde is. Sherril is gebore op Stellenbosch, en het 'n Diploma in Menslike Hulpbronne Bestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy is ook tans die inwonende hoof van 'n vrouekoshuis by die Universteit van Stellenbosch.

MNR B POOL
Brian was die hoof van Hoërskool Luckhoff op Stellenbosch, en het daarna in Onderwysdepartement se Inspektoraat gedien tot en met sy aftrede.  Hy is gebore op Stellenbosch, en het studeer aan die Universiteit van Kaapstad waar hy ‘n BSc, BEd asook 'n Senior Onderwys Diploma (SOD) verwerf het.

MNR P RETIEF
Pietman het vyf-en-dertig jaar verskeie bemarkingsposisies by die Rembrandt-groep en die wynbedryf beklee. Hy is gebore op Stellenbosch en het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Pietman is ‘n stigterslid van Stellenbosch-Toerisme en het oor baie jare verskillende posisies by die Stellenbosch Museum beklee. Hy is 'n ere-lewenslid van Stellenbosch Toerisme, die SA Wingerd en Wynkundevereniging, Wynkelders SA, asook die Hugenote-vereniging.

ME D GABRIELS
Debbie is die hoof van die Stellenbosch Museum en werk daar sedert 1998. Sy is ‘n boorling van Stellenbosch en het 'n Nasionale Diploma in Sekretariële & Kantooradministrasie van die Skiereiland Tegnikon en 'n Diploma in finansiële bestuur van die Boland Kollege verwerf. Sy dien op die komitee van die E'Bosch Erfenisfees.

MNR J LACKAY
Jeff is gebore in Pniel, Wes-Kaap en het aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie studeer. Hy het akademiese opleiding en ondervinding in argitektuur en stedelike ontwerp. Hy is geregistreer by SARAP (Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuur-professie) as 'n Professionele Senior Argitekstegnoloog en is tans in die proses van registrasie as 'n professionele argitek.

SONJA FRANK (SEKRETARIS)
Sonja is 'n toegelate prokureur wat sedert 2008 in die belasting- en fidusiêre dienste-afdeling van Exceed werksaam is. Exceed verskaf finansiele en sekretariele dienste aan die Stellenbosch Erfenistrust. Sonja is die kontakpersoon vir enige navrae aangaande die Stellenbosch Erfenistrust.

MNR JS LOUBSER (ERE-TRUSTEELID)
Tenk praktiseer sedert 1979 as geoktrooieerde rekenmeester en belasting- en bestuurskonsultant op Stellenbosch. Hy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy onder andere ‘n M.Com verwerf het.  Tenk is ‘n oud-Dagbreker en woon sedert 1982 op Stellenbosch. Hy is ‘n stigterslid van die Stellenbosch Erfenistrust waarvan hy al vir die afgelope tien jaar as voorsitter dien.  Hy is ook ‘n direkteur van verskeie ander maatskappye.







 
 
 
   
   
wie is ons?  ons doel  ons eiendomme  die trustees  kontak ons design • www.gstudio.co.za