Afrikaans | English << terug <<    
 
 

Die Ou Kollegegebou is op die terrein waar die buitegeboue van Blettermanhuis geleë was. Blettermanhuis is in 1824 aan die Landdros en Heemrade verkoop en is in kantore en ‘n hofsaal omskep wat as die “Stellenbosch Public Offices” bekend gestaan het. Die lang buitegebou is in 1825 as slaweskool geopen. Daarna was dit onder andere ‘n pokkehospitaal, skouburg en regeringskool.  In 1874 het die Stellenbosch Gimnasium die gebou betrek en is nog klaskamers aangebou.  Uit die “Arts Department” van die Gimnasium het Victoria Kollege (en  later die Universiteit van Stellenbosch) ontwikkel. Blettermanhuis en die buitegeboue het in 1979 in besit van die Stellenbosch Museum gekom nadat die Stellenbosch polisie dit vanaf 1879 as hul hoofkwartier gebruik het. Die lang buitegebou is in 1987 deur die Stellenbosch Museum as ‘n veeldoelige saal en restaurant met die finansiële ondersteuning van Gold Fields ingerig.

 
 
 
   
   
wie is ons?  ons doel  ons eiendomme  die trustees  kontak ons design • www.gstudio.co.za